Monday, May 4, 2009

Testimonial – Corrie Claasen

Wat ‘n ervaring!

Ek wil net vir julle geweldig baie dankie se vir die geleentheid wat ek gehad het om te kon deel in hierdie kursus. Hierdie kursus was van ontsaglike waarde vir my, en om dit nog verniet ook te kon gekry het.. “Priceless“!

Daar het die afgelope paar maande ’n paar goed met my gebeur wat my forseer het om uitgawes aan te gaan (werk, kar, versekering, troue reel, loodgieter, en nog ’n paar goedjies) en ek kyk maar na voedsel pryse en ander goed wat my nie noodwendig direk geraak het nie ens ens...

En my gewaarwording die laaste 8 maande of so was, dat ALLES, maak nie saak wat jy wil doen nie, alles het ontsaglik duur geword. En dit is asof daar met alles wat jy doen of wil he ’n magdom middelmanne en experts betrokke moet wees – en almal moet hulle geld maak uit die storie uit.
Dit jaag die pryse net eenvoudig die hoogtes in. En dis nou wanneer die mense nie net eenvoudig ons blindelings rook ook met die pryse nie. Ek het eintlik net al meer en meer begin besef, as jy goed nie self kan of wil doen nie, raak die lewe ’n baie duur speletjie. En raak jy baie afhanklik van ander vir jou eie basies voortbestaan.

Daar is dus 2 goed wat vir my uitstaan hier waarvoor ek vir julle wil bedank.

1. Dat daar wel nog mense is wat bereid is om hulle medemense te probeer verryk/help/ verbeter sonder om hulle finansieel leeg te tap. Mense wat bereid is om hulle kennis en ervaring met ander te deel, sodat hulle ook kan leer. En ja, ek weet julle maak julle ou geldjie, en gaan dit nog maak, maar dit voel nie of julle my probeer rook in die proses nie. En wat meer is, weet ek ook die geld en tyd wat dit my kos, is ter my eie verryking/verbetering, en nie net ’n once off wat ander mense gaan ryk maak nie. Daai storie van ipv net vir hom ’n vis te gee, leer die man visvang en hy voed sy gesin vir die res van sy lewe.

2. Op die meer praktiese kant – web bou en ontwerp is toe nie so moeilik nie, en ek het nie al die middelmanne en experts nodig nie, en dit hoef my nie ’n fortuin te kos nie.

Ek is geweldig opgewonde oor die feit dat ek hierdie tipe deel van die besigheid self kan doen teen lae koste, veral met die beplanning dat ek my eie besighede wil begin en onafhanklik te wees. (ek het by een van my vorige werke as finansiele bestuurder nou saam die IT gewerk, en ons het baie web ontwikkeling laat doen deur buite mense... miljoene rande later!... bygese dit was heelwat meer gevorderde goed)

Dit is eintlik so maklik, eenvoudig, vinnig, en goedkoop. En ek kan dit self doen! Ek kan onafhanklik wees, en ek het nie ’n middelman en ’n expert nodig nie.

So ek kan net se baie dankie.

Dit was ’n uitstekende leer-ervaring.

Hierdie kursus was meer as net die moeite werd!

No comments:

Post a Comment